Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
225 bladsye
Condition Fair
Outer cover protected by a stick on which cannot be removed
Laat ons dit dadelik se: Piet Bakker se Ciske, oorspronklik in Nederlands uitgegee, is vandag n wereldberoemde boek en ook reeds verfilm en met n prys bekroon. Dit word by die honderdduisende in vele tale gelees, maar dit alleen regverdig nie noodwendig in Afrikaanse uitgawe nie.
Die regverdiging sal vanselfsprekend duidelik wees aan almal wat dit gelees het. Die verhaal is merkwaardig en teer, maar hoegenaamd sonder enige sentimentaliteit. So boeiend is dit dat dit net nie moontlik is om die boek opsy te sit nadat mens dit begin lees het nie. Dit gaan oor n onderwyser en n seuntjie en n skokkende reeks gebeurtenisse. Nadat jy dit toegemaak het, kom by jou die gedagte op dat jy nou dalk beter verstaan; jy wonder selfs of die probleem van n bedremmelde kind op n straathoek nie dalk groter gaan wees as n internasionale staatsprobleem nie.
Want die verwaarloosde, afgeskeepte kinders op straathoeke tel moontlik al miljoene en n mens wil duisel om te dink dat daar more soveel grootmense met skewe en verwronge gesindhede sal kan wees