Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek nog heel mooi maar nie perfek nie - Vele wit en swart illustrasies binne - 172 pg. >>> In hierdie fraai uitgawe van die klassieke kinderverhaal Die avonture van Pinocchio kry ons die volledige verhaal, in sy oorspronklike vorm, van die onhebbelike houtpop Pinocchio. Ons hoor hoe Pinocchio na vele wedervaringe, én n paar dure lesse, n regte seun word- nadat hy geleer het om nie meer selfsugtig te wees nie, maar aan ander mense ook te dink, en om op te hou om die leuens te vertel wat sy neus so laat groei het. - In die dorpie Collodi, in Italië, staan daar n gedenkteken wat hulde bring aan die skrywer Carlo Lorenzini (1826-1890), die skepper van Pinocchio, wat onwetend die naam van sy tuisdorp verewig het toe hy dit as skuilnaam gebruik het. Die illustrasies in hierdie uitgawe is deur Carlo Chiostri, wat in 1901 die finale woord gespreek het oor die voorkoms van die wêreldberoemde houtpop. Sy delikate etse gee op spitsvondige wyse gestalte aan die wereld wat die skrywer in die boek geskep het, waar alledaagse dinge langs fantasie bestaan, waar n houtpop hom sommerso by n skool kan inskryf en waar n fee net soveel bestaansreg het soos stoere soldate. Hierdie praguitgawe van Die avonture van Pinocchio is n mylpaal vir die Afrikaanse kinderboek.
.