Toestand: Baie goed
Formaat: Sagteband
Bladsye: 359
Uitgegee: 2012 (Pharos)
ISBN: 9781868901296
Pharos Bygelowe en Waar Hulle Vandaan Kom Anton F. Prinsloo
- Kyk weg as jy n vrou met gevlegte, rooi hare sien nét voordat jy op reis gaan! Dié voorbode voorspel niks goeds nie.
- Moenie trou as jy n man is en jou groottoon korter is as die een langsaan nie! Die pantoffelregering is jou voorland.
- Strik jou voorskoot goed vas! As dit afval, begin die ongeluk jou dadelik ry.
- Gooi die water waarin jy die eiers gekook het onmiddellik uit! As jy jou hande daarmee was, kry jy verseker n vrat of twee.
Voorspel bygelowe altyd ongeluk? Nie volgens Bygelowe en waar hulle vandaan kom nie. ln dié boek kry jy selfs raad oor hoe jy jou huwelik gelukkig kan hou; wat n bruidegom moet doen om seker te maak dat sy bruid nie met die verkeerde voet in die huis én huwelik stap nie. En dat n jong meisie nie daardie opmerklike gaping tussen haar voortande moet laat verklein nie sy draai dan verseker haar rug op groot welvaart en geluk.
Net soos in dr. Anton Prinsloo se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom, vertel hy die leser in Bygelowe en waar hulle vandaan kom van meer as 6 000 bygelowe wat wêreldwyd bestaan en wat van kultuur tot kultuur verskil. En soms werp hy ook lig op die herkoms daarvan.