Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Boek nog in 'n goeie toestand het wel vorige eienaar se naam netjies binne. >>> Die is meer as 'n konvensionele roman. Dit is eintlik 'n individuasieverslag van 'n vrou wat verlaat word deur haar man en skielik gekonfronteer word met die feit dat sy altyd deur hom moes leef en waarneem. Aanvanklik moet die man, die skrywer, haar verhaal goedkeur, maar soos hulle verhouding al hoe meer verbrokkel, besef sy dat haar krag in haar eiewaarde en kreatiwiteit opgesluit is. Sy ontmoet ook 'n maestro. Dit is dan ook 'n teks wat verskillende psigoanalitiese interpretasies ontlok. Die huis in Freudiaanse terme is 'n vergestalting van die self; die maestro (meester) is die 'magician' of towenaar in die Tarot. Daardie kaart wat spesifiek gekoppel word aan 'n transformasieproses en ook vir kreatiwiteit staan. Dit is 'n ontsettende eerlike en weerlose teks. Dit herinner aan die wrang-sardoniese konfessie van Erica Jong (Fear of flying) en Marita van der Vyver (Griet skryf 'n sprokie). Dit is veel meer getransformeer as Rachelle Greeff se Al die windrigtings van my wêreld wat halfpad té sterk op 'n blote numerasie van die werklikheid steun. (Joan Hambidge)