Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Daar kom 'n tyd - Ettie Bierman
Dit was 'n toevallige en uiters onromantiese ontmoeting: hy het by 'n verkeerslig van agter in haar klein motortjie vasgery. Maar Wynand Meiring was 'n besondere man en twee maande later was Marinda met hom getroud.
Op pad huis toe na die Bosbok-Motel waarvan hy mede-eienaar is, slaan die noodlot egter toe en haar droom spat aan skerwe. Ontredderd en mens-alleen is sy verplig om hulp te vra van Hugo, Wynand se broer, die ander eienaar van die luuksemotel. Hugo, 'n verbitterde en ontnugterde mens, glo sy is 'n fortuinsoekster en maak die lewe vir haar ondraaglik. En boonop begin sy Wynand beter leer ken deur sy vriende...en vriendinne.
Tog: alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd. Ook 'n tyd om lief te hĂȘ In Daar kom 'n tyd maak die leser kennis met 'n Ettie Bierman-verhaal wat verrassend anders is; 'n verhaal wat tot die hart van elke vrou wat liefhet, sal spreek. Hardeband Geelvlekke binne die omslag waar die plastiek boekoortreksel vasgeplak was Goeie toestand