Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dirk Postma is in 1858 deur die Christelik Afgeskeie Kerk in Nederland na Transvaal gestuur as hulp vir die "stamgenote" wat 'n groot tekort gehad het aan predikante. Uiteindelik neem hy leiding met die stigting van die Gereformeerde Kerk wat in Februarie 1859 van die Hervormde Kerk afskei en word ook die eerste predikant daarvan. Vanaf 21 Maart (toe hy van sy gemeente in Zwolle, Nederland, afskeid neem) tot 5 Julie 1890 (vyf maande voor sy dood) het hy dagboek gehou van die belangrikste momente in sy lewe. Hierdie dagboek bied, in die woorde van die outeurs, 'n besondere persoonlike perspektief op die omstandighede en gebeure wat tot die stigting van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika gelei het.
2008, Ferm sagteband. Baie goeie toestand, stewig en netjies. Minder as 1kg.