Abel se ontwaking
Abel bly op sy burgerregerf buite Johannesburg waar hy die velle van klein diertjies bewerk wat hy verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop.
Maar vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel besonderse planne. Hy wil vir hom n nuwe gesig uitsoek: die van n mooi jong vrou. En hy is op die uitkyk vir ontwerpe wat sal pas vir die omslae van sy Kosmiese Joernale.
Ondersoekbeampte Ella Neser hanteer haar eerste moordsaak. Hierdie moordsaak blyk egter effe ongewoon die liggaam is sagkens en teer behandel, en daar is n vreemde wond aan die skouer
Abel se lot
Adjudant Ella Neser is met verpligte siekverlof ná haar noue ontkoming aan die skalpel van die reeksmoordenaar Abel Lotz. Tussen beradingsessies en harplesse deur bepeins sy die fotos van Abel se slagoffers. Abel is oor die grens by Komatipoort, Mosambiek in, en Ella weet hy sal weer moor.
Wanneer n huisinbraak uitloop op n sterfte, kry Ella opdrag om die skuldige op te spoor. Is Abel terug, of is daar n nuwe moordenaar in Doradopark?
Die Afreis van Abel Lotz
Die derde boek in die Abel-rillertrilogie. Die polisie word ontbied na 'n hotelkamer in Johannesburg. Bloed en hare in die bad dui op 'n slagting, maar daar is geen lyk nie. Wanneer 'n gelooide en onthaarde vel gevind word, weet Ella Neser sy is weer op reeksmoordenaar Abel Lotz se spoor. Abel bevind hom in Brugge, en kort voor lank soek hy weer na velle met tatoes vir die omslae van die tien volumes van sy Kosmiese Reise, hierdie keer met Ignaz Bouts se hulp.
3 sagtebandboeke
Kondisie: 3