Wil jy skryf? Het jy  kundige en ervare skrywers se hulp nodig om jou ideaal te verwesenlik?  Die Afrikaanse Skryfgids, 'n hulpmiddel vir voornemende (en reeds  gepubliseerde) skrywers, kan die wonderwereld van woorde vir jou open.  Hierdie omvattende gids - die eerste in sy soort in Afrikaans - is gemik  op almal wat meer van die skryfkuns, skryftegnieke en die  Suid-Afrikaanse uitgewersbedryf wil weet. Die medewerkers, almal  gerekende skrywers op hul onderskeie spesialiteitsgebiede, stel die  inligting op 'n toeganklike manier bekend. Hulle deel  hul   "fabrieksgeheime", praktiese raad ten opsigte van die skryfproses wat  oor lang jare van frustrasie en foute ontwikkel is, nou ruimskoots met  voornemende skrywers. Niemand hoef in dieselfde slaggate te trap nie.  "'n Uiters leesbare en belangrike samestelling van inligting wat beslis  vir enige voornemende skrywer 'n skat van kennis kan wees om die eerste  tree op die pad na 'n skryfloopbaan te gee. Dit is egter ook veel meer  as bogenoemde - die samestelling kan van besondere waarde wees vir  studente, onderwysers en taalliefhebbers in die algemeen." - Johan  Anker. Met Wim Alberts, Hennie Aucamp, C.Johan Bakkes, Marike Bekker,  Marthinus Beukes, Andries Bezuidenhout, Marinda Botha, Saartjie Botha,  Willemien Brummer, Willie Burger, Anneretha Combrink, Leon de Villiers,  Philip de Vos, Daniel du Plessis, Hans du Plessis, Louis Esterhuizen,  Jeanette Ferreira, Gilbert Gibson, Margaret Goldsmid, Franci Greyling,  Piet Grobler, Hennie Human, Jaco Jacobs, Irma Joubert, Harry Kalmer,  Sophia Kapp, Jaco Kirsten, Leti Kleyn, Murray La Vita, Margot Luyt,  Maretha Maartens, Charles Malan, Karen Meiring, Petrovna Metelerkamp,  Adriaan Meyer, Melt Myburgh, Bernard Odendaal, Rhode Odendaal, Chanette  Paul, Henning Pieterse, Johann Potgieter, Louis Pretorius, Lizette Rabe,  Lien Roux-deJager, Riana Scheepers, Dana Snyman, Ingrid Stegmann, Piet  Steyn, Marjorie van Heerden, Leon van Nierop, Cecile van Zyl, Fanie  Viljoen.