Die Afrikanerrebellie 1914-1915, Danie Langner & Andries Raath (Editors)
Very large collectable hardcover, coffee table book, the definitive work on the 1914 Rebellion (or The Maritz Rebellion), content on the Anglo-Boer War, Smuts, etc.
Mint condition, with dust cover.
The 6th book in Kraal Uitgewers' popular Die Erwe van ons Vaad're series.
Contributors include André Wessels, Andries Raath, Danie Goosen, Danie Langner, Flip du Toit, Jaap Steyn, Jackie Grobler, Johan Schoeman, Leopold Scholtz, Marthinus van Bart, Pieter Möller and Wynand Boshoff.
From the publishers promotional material:
"Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 (onder redaksie van Andries Raath en Danie Langner) verskyn in die honderdste herdenkingsjaar van ʼn gebeurtenis waartydens broer teen broer, vader teenoor seun en vriend teenoor vriend te staan gekom het. Die effek van die Rebellie van 1914-1915 is binne die kern van Afrikanergeledere ervaar in die staat, kerk en volk.
Dié boek uit die pen van 12 vooraanstaande historici ondersoek die prominente persone en gebeure en die nadraai van die Rebellie. Dié opspraakwekkende gebeurtenis het gespruit uit die besluit van die Unieregering om Suid-Afrika aktief aan die kant van Brittanje by die Eerste Wêreldoorlog te betrek en Suid-Afrika se Duits-beheerde buurland Suidwes-Afrika binne te val. Boereleiers Koos de la Rey, Christiaan de Wet en Christiaan Beyers was om verskeie uiteenlopende redes teen die Suidwesveldtog gekant.
De la Rey, wat op 15 September 1914 in ʼn padblokkade in Langlaagte, Johannesburg doodgeskiet is, se dood het ast ware die begin van die Rebellie ingelui. Tydens sy begrafnis het Beyers en De Wet besluit om vergaderings te hou om die volk oor moontlike optrede teen die regering te raadpleeg. Die afkondiging van krygswet op 12 Oktober 1914 het egter die hou van volksvergaderings verbied, wat die protesteerders gedwing het om verdere optrede te heroorweeg. Die leiers van die protesteerders het uiteindelik grootliks individueel opgetree en self inisiatief vir verdere optrede geneem dus was daar geen sprake van beplande gekoördineerde optrede tydens die Rebellie nie.
Die Rebellie het die verdrinking van Beyers in die Vaalrivier, die inhegtenisname van De Wet, die teregstelling van Jopie Fourie en die oorgawe van Manie Maritz tot gevolg gehad. Talle rebelle wat aan die opstand deelgeneem het, is ook in hegtenis geneem en tot tronkstraf gevonnis. Dekades lank is die politieke en emosionele verdeeldheid na aanleiding van die Rebellie steeds gevoel.
Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 neem dié gebeure met ʼn groter mate van ewewigtigheid en objektiwiteit onder die loep en bring die gebeure tuis met die gebruik van bykans 200 gerestoureerde historiese fotos."
Please see my other auction listings for rare and collectable items, in lieu of combined shipping.
Please effect payment within 48 hours of auction closure.
