Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
NUMBER 70 OUT OF AN EDITION OF 1000, Kraal publishers, Die Erwe Van Ons Vaad're Nr.6, Afrikaans text, illustrated, 302 pages, 25 cms x 30.5 cms x 3.5 cms, condition: as new.
Die Afrikanerrebellie 1914 1915 Danie Langner & Andries Raath (redakteurs)
**Groot en swaar hardeband, ongeveer 4 gewone boeke se spasie en gewig**
Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 (onder redakteurskap van Andries Raath en Danie Langner) verskyn in die jaar van die honderdste herdenking van ʼn gebeurtenis waartydens broer teen broer, vader teenoor seun en vriend teenoor vriend te staan gekom het. Die effek van die Rebellie van 1914-1915 is binne die kern van Afrikanergeledere in die staat, kerk en volk ervaar. Die Rebellie van 1914 het gespruit uit die besluit van die Unieregering om Suid-Afrika aktief aan die kant van Brittanje by die Eerste Wêreldoorlog te betrek en Suid-Afrika se Duits-beheerde buurland Suidwes-Afrika binne te val. Boereleiers Koos de la Rey, Christiaan de Wet en Christiaan Beyers was om verskeie uiteenlopende redes teen die Suidwesveldtog gekant. Hul diepe teenkanting en dié van medebeswaardes het uiteindelik tot die Rebellie gelei.
Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 plaas, in waarskynlik die omvattendste werk oor die onderwerp, die gebeure voor, tydens en na dié opstand in perspektief. Dit ondersoek die gebeure wat tot die verdrinking van Beyers in die Vaalrivier gelei het; die inhegtenisname van De Wet; die teregstelling van Jopie Fourie; Kemp se trek deur die woestyn; en die oorgawe van Manie Maritz.
Dekades lank is die politieke en emosionele verdeeldheid na aanleiding van die Rebellie steeds gevoel en nou word dié gebeure in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 met ʼn groter mate van ewewigtigheid en objektiwiteit onder die loep geneem en kom die waarheid hieroor tuis by die leser in 2014.