Nou het ek geleer daar is twee maniere van liefhe. Jy klou vas of jy laat los.Na jare se onderdrukte vrese en verlangens klim Marta op 'n dag in haar motor en ry weg. Weg van haar man, Hendrik, weg van haar lewe op die plaas. Aan die Weskus vind sy 'n tydelike heenkome in 'n klein vissersgemeenskap. Die genesende waarde van die eenvoudige lewe by Koster en sy mense, die herwinning van selfvertroue en eie waarde, maak van Marta 'n ander mens. En selfs Hendrik kom geleidelik tot nuwe insigte deur die ontydige besoek van 'n jong familielid.'n Meesleurende roman waarin die metamorfose van 'n emosioneel verwaarloosde vrou met menslikheid en humor weergegee word.Eleanor Baker se eerste roman is in 1972 gepubliseer, maar dis met Weerkaatsings, 1984, dat sy werklik die aandag getrek het. Dit het 'n FAK-toekenning ontvang en het oorsee verskyn in Engels, Sweeds, Hebreeus, Deens en Fins. Haar roman Verbeelde werklikheid is 'n tour de force genoem en haar roman oor die Anglo-Boereoorlog, Groot duiwels dood, is ook in Nederlands vertaal.

Title: Die Ander Marta
Sub Title:
Author: Eleanor Baker
Publisher: Human & Rousseau
Year: 2002
Number of pages: 250
ISBN: 9780798142793
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.