Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die banting-boek waarop almal gewag het! Uiteindelik! 'n Allesomvattende boek wat al jou vrae oor die Banting-leefstyl beantwoord en 'n oplossing bied vir permanente gewigsverlies. Die Banting-oplossing verduidelik nie net wat Banting behels nie, dit: verskaf antwoorde op Banters se dringendste vrae; skiet die mites wat rondom Banting ontstaan het, aan flarde; bevat handige maaltydplanne en Banting-vriendelike voedsellysies; verskaf wenke oor wat om te doen wanneer gewigsverlies tot stilstand kom; help jou om voedseletikette te verstaan; en wys jou hoe om te Bant sonder om die bank te breek, en dat almal die leefstyl kan volg. Maar die heel belangrikste - die boek leer ons hoe om ontslae te raak van daardie ekstra kilogramme.
2016. Sagteband. 302 bladsye. Baie goeie toestand. Minder as 1kg.