Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Breyten Breytenbach se nuwe bundel is in 'n sekere sin 'n terugskouing op die lewe en die digkuns van die digter, ook op die taal en sy innerlike vermenging met die geskiedenis deur die sprekers van die taal. Dis by uitnemend-heid 'n wóórd-bundel, waar elke woord, elke nuanse van 'n woord en elke nuutskepping as't ware die taal herskep en die taal bemagtig. Die tema van verganklikheid en oud-word loop sentraal, en daarmee saam die wisseling van plek en landskap. Ryk, aangrypend, wonderbaarlik. 'n Testa-ment vir Afrikaans. As Afrikaans 'n segsman in poëtiese vorm nodig gehad het om die taal se literêre en seggings-moontlikhede opnuut te bewys, hier is dit.
Condition: Good