Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die Binnekring: Terugblikke op die laaste dae van blanke regering
by Jan Heunis
Book description:
Jan Heunis, seun van voormaligge minister van staatkundige ontwikkeling Chris Heunis, is gebore en getoë in die Nasionale Party. Hy was nooit self politikus nie, maar het digby saam met - en dikwels teen - Suid-Afrika se magtigste politieke figure gewerk. Na hy ’n regsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het, werk Heunis by die department van buitelandse sake as regsadviseur en kort voor lank word hy hoofstaatsregsadviseur in die staatspresidentskantoor.
In dié buitengewone getuieverslag onthul hy die stories agter baie van die mees dramatiese gebeure van die laaste jare van blanke oppergesag, en beskryf hy hoe die Nasionale Party oplaas die loef afgesteek is in onderhandelinge met die ANC. Vanuit insig op professionele sowel as persoonlike vlak wat sy gunstige waarnemersposisie hom gebied het, takseer Heunis op snydend eerlike wyse sleutelspelers soos PW Botha, Pik Botha, FW de Klerk, Kobie Coetsee, Denis Worrall, Hernus Kriel, Roelf Meyer en natuurlik sy pa Chris Heunis.
Heunis reflekteer op ’n merkwaardige tyd in Suid-Afrika se geskiedenis en gee nie net ’n helder blik op die binnekring van ’n politieke party gedurende die laaste dekade van sy bewind nie, maar maak ook ’n paar skokkende onthullings.
Jonathan Ball Uitgewers. 2007. 214 pages with B&W photos. Paperback. Text in Afrikaans.
Book condition: Brand new.