| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Nommer 326 van 1000
Vredespogings en -onderhandelinge voor en tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902.
Hulpskrywer Kol. Frik Jacobs (Direkteur Oorlogsmuseum van die Boererepublieke) / Fotografiese redakteur Paul Alberts
Kraal Uitgewers 2005 (eerste uitgawe). Groot hardeband met stofomslag, 256 bladsye.
Goeie toestand. Die bladsye is netjies en skoon en die boek is stewig gebind. Geen inskrywings. Die skutblaaie is voor- en agter-in aan die omslag geheg.
Vredespogings en -onderhandelinge voor en tydens die Anglo-Boereoorlog 1899- 1902. Hierdie boek vul n lank-gevoelde behoefte in die boekery oor die Anglo-Boereoorlog. Sedert die verslag van kestell en Vna Velden oor die samesprekings te Vereeniging en die ondertekening van die dokument te Melrose-huis het daar nog nooit iets verskyn wat die vredesluiting met die gepaardgaande sielewroeging van afgevaardigdes so treffend uitgbeeld het nie. Minder bekend is die vroeë vredespogings deur diegene wat geen begrip gehad het vir die betekenis van die woorde, tot die bittereinde nie. Prof. Van Schoor slaag daarin om begrip te skep vir wat die bittereinde werklik beteken het en die selfondersoek wat elke afgevaardigde moes doen voordag die vryheid van n vaderland weggeteken word.







