Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
"Die werkboek gee nie voor om 'n kitsgids tot die skryf van kortverhale te wees nie. Wat ek veral met Die blote storie beoog, is die stimulering van die emosionele en tegniese groei van die skrywer van literêre verhale; en mag ek byvoeg: die morele?"
"Die 'opvoeding van emosies' lyk my al hoe meer na die belangrikste komponent van enige kurus in kreatiewe skryfwerk. Lewe gaan kuns vooraf, of 'n mens kan dit ook anders sê: sonder lewenservaring, en 'n intense gevoel by die ervaring, is 'n beduidende storie haas onmoontlik."
"Verdigsel en verdigting, in watter vorm ook al, sal deel bly van ons lewe en lot, soos dit lank, lank gelede reeds was om 'n grotvuur, met flikkeringe en skilderye op die wand. En miskien lê die openbaring van al ons 'flikkeringe' hierin: dat kuns nooit volledig oplossings bring nie, maar ons bewus hou van raaisels."