Die Boereprofeet - Adriaan Snyman
Check my rate
View locations
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
1994 (eerste uitgawe). Sagteband, 79 bladsye.
Uitstekende toestand.
Die publikasie van Die Boereprofeet (verdere gesigte en verklarings) is die hoogtepunt van Adriaan Snyman se jare lange navorsing oor die legendariese Niklaas (Siener) van Rensburg. Die meeste van hierdie gesigte en verklarings het in die skrywer se besit gekom nadat sy vorige boek oor die Siener, Stem van n profeet, reeds in April 1993 verskyn het. Die inhoud en verklarings van sommige van hierdie visioene was egter van so n aard dat party van die medewerkers aanvanklik huiwerig was om dit vir publikasie vry te stel. Die Afrikaner se Donker Tyd, waarvan die Siener dikwels in sy lewe gepraat het, staan (volgens sy eie voorspellings) nou voor die deur. Gebeure volg mekaar ook so vinnig op dat as sy visioene en hul verklarings reg verstaan word, is baie daarvan tans besig om n skrikwekkende werklikheid te word, en sal die meeste van hulle ook al teen die middel van hierdie dekade in vervulling gegaan het.

