R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 12 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
2014 eerste uitgawe sagteband met 525 bladsye in goeie tweedehandse toestand.
Oor Suid-Afrika se Bom is jare lank gegis. Ses en 'n halwe kernbomme is in die geheim gemaak en vernietig, is in 1993 onthul. Geen ander land het dít nog vrywillig gedoen nie. Nic von Wielligh was sedert 1975 betrokke by die produksie van kernwapenmateriaal, die aftakeling van die kernwapens en bewyse van Suid-Afrika se bona fides aan die internasionale gemeenskap. Sy verslag daaroor is die volledigste en mees professionele een wat hulle nog ontvang het, het die IAEA verklaar. Die kernfisikus skryf hier saam met sy dogter, Lydia von Wielligh-Steyn, oor atome en hul moontlikhede, baanbrekers, uraanverryking, die kernwedloop en Suid-Afrika se optrede. Dis 'n verhaal van kernontploffings, spioenasie, kernsmokkelaars en swaarde wat ploegskare geword het. . . . sover die enigste omvattende werk oor Suid-Afrika se aandeel in hierdie geskiedkundige onderwerp wat tot 'n maklik leesbare verhaal omskep is. - Prof. Waldo Waldo Stumpf, voorheen hoofuitvoerende beampte, AEK