R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 15 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Sagteband met 221 bladsye in goeie toestand. Boekwinkel stempel voorin.
In vergeelde fotos van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.
In n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.
Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting en om die wrak te vind van die Ratel waarin n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.
Die Brug Deon Lamprecht vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.