Waarom gebeur wonderwerke en tweede kanse altyd oor Kerstyd? Die Brug, 'n splinternuwe roman deur die New York Times topverkoperskrywer Karen Kingsbury, vertel die hartroerende verhaal van twee paartjies wat liefde en betekenis in 'n boekwinkel gevind het en wat geraak is deur die soort wonderwerk wat slegs tydens Kerstyd plaasvind - die wonderwerk van 'n tweede kans.
Kelly Allen woon in Portland, maar het haar hart verloor in Franklin waar sy vyf jaar gelede die man agtergelaat het wat sy nog nooit kon vergeet nie. Na 'n aantal jare weg, woon Kade Henderson nou weer in Franklin. Hier herleef hy die verlede in 'n klein boekwinkel, Die Brug, en onthou hy die baie ure wat hy en Kelly daar deurgebring het.
Kade en Kelly se gunstelingboekwinkel is egter in die moeilikheid. Vir 30 jaar het Jerry en Donna Barton Die Brug bestuur, maar in Mei het die honderd-jaar vloed deur die winkel gestroom en bykand elke winkel op die dorp verwoes. Moedeloos en sonder antwoorde ry Jerry deur 'n sneeustorm met die idee om sy eie lewe te neem. Maar voor hy besluit kan neem, verloor hy beheer van die motor en tref sy motor 'n paal. Skielik, in die aansig van tragedie, begin wonderwerke plaasvind. Karen Kingsbury lewer 'n klassieke, hartroerende verhaal oor die honderd-jaar vloed, verlore liefde end die kosbarheid van vriendskap.
Author: Mr Karen Kingsbury
Format: Paperback
Imprint: Struik Christian Books
Publisher: Struik Christian Books
ISBN: 9781415313770
Audience: General
Pages: 256
Width (mm): 137
Length (mm): 213