Die Bybellennium - Wil Vosloo, Finalised J Van Rensburg et al.
1 was available / secondhand
R85.00
0% off
Shipping
R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
R35.00 pickup point shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R5.00 pickup point shipping applies to orders over R100.00. There are various locker and counter collection points across South Africa. View locations
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 2 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
DIE BYBELLENNIUM is 'n projek waaraan 29 kenners van die Ou en NuweTestament vier jaar gewerk het onder leiding van prof Wil Vosloo (UP) en prof Fika J van Rensburg (PU vir CHO). Die medewerkers is verbonde aan ses verskillende Afrikaanse universiteite en is meestal spesialiste op die betrokke boek of boeke waaroor hulle geskryf het. Dit is gerig op predikers, leraars en ingeligte nieteoloë wat soek na antwoorde op eietydse vrae oor die Bybel en die aktualiteit daarvan vir ons tyd. Dit is geskryf in maklik leesbare, eietydse taal met vermyding van tegniese redenasies en terminologie. Waar tegniese terme tog gebruik moes word, is dit in 'n LYS VAN VAKTAAL-TERMINOLOGIE verduidelik. Die bundel is 'n bekostigbare verklaring van die hele Bybel vir predikante, studente en ernstige Bybellesers. Medewerkers is gevra om onder meer die volgende riglyne in hulle uitleg te volg: Die 1983 Afrikaanse Vertaling van die Bybel as basisteks vir die publikasie, maar die grondtale van die Bybel as basisteks vir uitleg en vertaling. Dit beteken onder andere dat alternatiewe vertalingsmoontlikhede gegee word. 'n Minder deklamerende en argumentatiewe styl en meer beeldryke (metaforiese) en verhalende (narratologiese) uitlegmetodes. Die verdiskontering van sowel die tekstuele as die buitetekstuele konteks. Dit behels onder andere die sosiohistoriese konteks van eerste, asook eietydse lesers. Met ander woorde, die verklaring moenie net verduidelik wat die teks vir die eerste lesers gesê het nie, maar ook wat dit vir die eietydse leser wil sê. Die eenheid van die hele Bybel, Ou en Nuwe Testament, moet as kanon in ag geneem word. Die uitleg moenie net die rasionele in ag neem nie, maar ook die leser die teks laat beleef. Besondere eienskappe: Maklik verstaanbare uitleg met talle AKTUALISERINGS vir die eietydse leser met eietydse vrae. INSETSELS in die teks vir groter duidelikheid oor aanverwante sake. Daar is drie soorte: ALTERNATIEWE VERTALINGSMOONTLIKHEDE (). HISTORIESE, KULTUUR-HISTORIESE EN GEOGRAFIESE BESONDERHEDE (en WOORDVERKLARINGS (+). 'n LYS VAN VAKTAAL TERMINOLOGIE wat tipiese terme verduidelik wat vir sommige lesers onbekend mag wees (in die verklaring met 'n asterisk (*) gemerk). 'n Eerste vir kommentare is 'n INDEKS VAN AKTUELE TEMAS wat in die uitleg bespreek word. Dit is 'n hulpmiddel vir die leser om bepaalde temas wat in die kommentaar verduidelik word, vinnig in die bundel te kry. Onder die titel MET EEN OOGOPSLAG OOR DIE BYBEL gee 'n groot aantal kort artikels bondige informasie oor 'n groot verskeidenheid sake wat met die Bybel verband hou. Die kommentaar is in omvang en aard 'n eerste en unieke publikasie in Afrikaans Predikers en leraars sal vind dat dit 'n nuttige hulpbron is vir die maak van preke en die plek inneem van talle duur kommentare op afsonderlike Bybelboeke. Lesers wat meer van die Bybel wil weet, sal deur die bundel 'n wyer insig van die Bybel verkry, sowel as die wêreld waarin dit afspeel en die betekenis daarvan vir vandag.