| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
"'n Formidabele nuwe stem in Afrikaans, stewig gevestig. Dat hy in Afrikaans skryf . . . slaan die asem weg" Helize van Vuuren. Litnet
Etienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in Londen nadat hy uit Suid-Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, post-punk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op 'n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarkommunes woon.
In Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Etienne begin na die verlore spoele soek, 'n soektog wat 'n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van 'n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem.
Etienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort.
Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naude se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel, waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.
Book in excellent condition.