Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Engela van Rooyen
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
Dis oor Katie en Make-Peace wat die rusie met die Maponyas gekom het.
In die helfte van Maart kom hy een aand daar aan. "Wat soek hy dan?" sê Mma toe sy die kar sien stilhou. "Ek het mos klaar rent betaal." Daar staan Make-Peace toe in die voordeur met sy square-cut, sy mooi klere en sy bril. "Is die Katies hier?" vra hy. Mma is sommer dadelik vies. "Wat wil jy met haar maak?"
"Ons het 'n date." Make-Peace kyk haar uitdagend aan.
"Wat se date?"
"Vir 'n music group in die tavern."
"Is dit daardie political pop group?" Mma se oë begin blits.
"Ek is post-protest. Ek is 'n law student," help Make-Peace haar sarkasties reg.
"Dis reg, jy is 'n university student en Katie is 'n schoolgirl," vaar Mma uit. "Sy's skaars vyftien, al lyk sy ouer. Dis teen die regulations."
"Wie se regulations?" vra Make-Peace.
"Die tavern s'n, en myne ook." Mma roep kamer se kant toe: "Katie, wil jy jou education ruil vir hierdie tsokabothepana wat met teenagers lol?"
"Aowa, Mma," ontken Katie uit die kamer. Haar stem is dik, mens kan hoor sy huil. Sy was heelmiddag al besig met mooimaak, mens kan haar lyfpoeier en hair relaxer tot in die voorhuis ruik.
Ja, dís hoe die rusie met die Maponyas gekom het. Dit is waar die hele ellende begin het... Maar eintlik was dit ook waar alles begin het om reg te kom.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.