Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Etienne Leroux
Formaat: Groot Hardeband
Toestand: Baie Goed
Etienne Leroux se eerste trilogie bestaan uit Die eerste lewe van Colet (1955), Hilaria (1957) en Die mugu (1959) en verteenwoordig die eerste siklus van sy groot siklus-in-wording. In hierdie eerste samehangende geheel is die spore van buitelandse skrywers nog duidelik herkenbaar, maar ook 'n onmiskenbaar oorspronklike skrywerskap wat met groeiende behendigheid ontwikkel word, is sigbaar.
Hierdie werke verteenwoordig 'n jong skrywer se kreatiewe reaksie op die literêre tradisie, waarteen hy hom enigsins verset. As ontwikkelingsroman staan Die eerste lewe van Colet bv. in felle kontras met die sentimentele voorbeelde van hierdie genre uit die jare veertig, terwyl Die mugu die reisverhaal in Afrikaans vernuwe deur sy aansluiting by die Europese tradisie van die satiriese reisverhaal. Benewens die feit dat hierdie eerste siklus werke van gehalte bevat, is dit 'n staalkaart van die temas, tegnieke en strukture wat Leroux se latere werke kenmerk en as sodanig verpligte leesstof vir enige persoon wat belangstel in een van ons grootste skrywers.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.