Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie boek is in 1949 ontwerp deur die Staatsinligtingskantoor in opdrag van die Staatsdrukker.
Dit bevat omvattende inligting van die geproklameerde en ongeproklameerde nasionale gedenkwaardighede
soos dit meer as 60 jaar gelede bestaan het. Dit sal baie interessant wees om na te gaan hoeveel bestaan nog,
hoeveel van die ongeproklameerdes is wel later geproklameer en watter van die geproklameerdes en ongeproklameerdes is in stand gehou. Dit sal ook interessant wees om te sien watter gedenkwaardighede daarna bygevoeg is.
Ek beskou hierdie boek as 'n skatkis vol inligting van die Suid-Afrikaanse geskiedenis tot 1949.
Hardeband waarvan die omslag baie goed behoue gebly het hoewel die titel en afbeelding van 'n renostertekening
in gouddruk op die voorste buiteblad nie meer baie duidelik is nie. Origens is die boek in 'n besonder goeie toestand
en die algemene bindwerk getuig van goeie vakmanskap hoewell daar op twee plekke tekens is dat dit begin lostrek.
Om na al hierdie jare nog so te lyk is 'n pluimpie vir die drukkers van destyds.
Volop foto's en afdrukke. 180 bladsye op 'n duursame en swaar dowwe glanspaper gedruk.
ALGEMENE TOESTAND: Besonder goed.
VOORWAARDES VIR MY VEILING:
1. Betaling moet binne 48 uur na afhandeling van die veiling plaasvind.
2. Pakkies word elke Woensdag versend en 'n spoornommer word per e-pos gestuur.
3. Ek is nie verantwoordelik vir die pakkie nadat ek dit vir versending ingehandig het nie.
Kyk gerus na my ander veilings:
www.bidorbuy.co.za/seller/1417933/Mephibosheth