| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
In hierdie boek die eerste omvattende wetenskaplike studie oor Boerekos word baie mistastings oor dié onderwerp weerlê. Die algemene persepsie is byvoorbeeld dat die slawe van die Ooste eintlik die kuns om met speserye te kook na die Kaap gebring het. Anders as wat algemeen aanvaar word, word in hierdie boek bevind dat die invloed van die Oosterse slawe op die Kaapse koskultuur betreklik beperk is. Boerekos het sy aanloop in n eeue oue Europese koskultuur gehad. Die voedingsbron van hierdie kookkultuur was die Perse, Romeine en Arabiere. Aan die Kaap het hierdie koskultuur mettertyd sy eie stempel gekry terwyl sekere geregte mettertyd heeltemal verdwyn of haas onbekend geword het. Die herkoms van die belangrikste geregte wat in die sewentiend en agtiende ceu aan die Kaap berei is, word hier op boeiende wyse ondersoek. Teen 1725 het die Kaapse kookkultuur reeds sy beslag gekry Hieruit het wat vandag as Boerekos beskou word, ontwikkel.


