Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Redelike goeie stel van vyf volumes, uitgegee deur die Stattsdrukker te Pretoria.
Al die volumes is nog stewig gebind, die inhoud is skoon behalwe vir 'n vorige eienaar se naamstempel op die voorste skutblad en titelblad asook 'n biblioteekstempel op die voorste skutblad. Daar is 'n paar merke aan die buiteband en die onderste bladsyrand van vier volumes is gevlek soos per foto.
'n Goeie stel vir navorsing.
Elke volume bevat illustrasies, portrette, menige uitvoukaarte van slagte en troepebewegings.
Daar is 'n groot uitvoukaart agter in volume I.
Inhoud:
Volume I: Die Boere-Offensief, Okt.-Nov. 1899. (Tweede druk, 1978)
Volume II: Die Eerste Britse Offensief, Nov.-Des. 1899. (Tweede druk, 1978)
Volume III: Die Stryd in Natal, Jan.-Feb. 1900. (Tweede druk, 1978)
Volume IV: Die Boereterugtog uit Kaapland. (Eerste druk, 1977)
Volume V: Die Britse Opmars tot in Pretoria. (Eerste druk, 1983)