Description
Die Geskiedenis van Volkskuns in Suid-Afrika J. Celestine Pretorius
Die geskiedenis van volkskuns in Suid-Afrika is n huldeblyk aan geslagte uit verlore dae, wat, ten spyte van moeilike omstandighede, probeer het om die skone en modieuse waarna hulle gehunker het, in alledaagse voorwerpe te vergestalt. Talle boeke oor die volkskuns van die verskillende Europese volke het in die meeste lande verskyn en dit is opvallend dat die unieke kultuurerfenis nog nooit in Suid-Afrika te boek gestel is nie.
Die geskiedenis van volkskuns in Suid-Afrika is nie n katalogus van voorwerpe van volkskuns wat in Suid-Afrika voorkom nie. Dit verklaar in die eerste plek die ontstaan en die kenmerke van Westerse volkskuns in ons land teen die kultuurhistoriese agtergrond. n Wye verskeidenheid van voorbeelde word bespreek: Merklappe en wakiste, papierknipsels en geslagsregisters, houtvoorwerpe en grafstene, en nog baie meer.
Met meer as 380 illustrasies, waarvan baie in volkleur, is Die geskiedenis van volkskuns in Suid-Afrika die eerste belangrike publikasie wat nog oor die onderwerp verskyn het.