| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
TITLE: DIE GLIMMENDE SIMITAR
AUTHOR: ENA MURRAY
CONDITION:
Hard Cover
The cover has damage
Writing and a sticker on the first page
STORY: OMTRENT HIERDIE STORIE...
By haar moeder se sterfbed belowe Rianne van Biljon dat sy nogeens 'n poging sal aanwend om haar broer Herman op te spoor. Herman en 'n doktersvriend Gerhard van Dyk, het agt jaar tevore 'n toer deur Arabië onderneem en sedertdien is nog geen tyding of spoor weer van hulle verneem nie.
Ten spyte van sterk teenkanting aan die kant van die owerhede in Kairo, gaan Rianne die Arabiese woestyn binne. Heel spoedig maak sy kennis met een van die magtigste sjeiks in Arabië, die jong sjeik Ahmed el Hadab. Maar dit is net sjeik Ahmed wat hierdie pragtige meisie in die ongerepte woestyn opgemerk het nie. Ook sjeik Hassan el Halem, bekend vir sy wreedheid, het Rianne se skoonheid aanskou en haar vir sy harem begeer.
Tussen hierdie twee woestynmanne sou 'n genadelose stryd ontstaan, waarin die onskuldige Rianne magteloos heen en weer geslinger sou word. Wie sou die stryd wen? Die wrede Hassan el Halem met sy sluwe ogies, of sjeik Ahmed wat met koue, donker oë en besliste optrede, die ontsag van al sy volgelinge afdwing? En sou Rianne in hierdie stryd haar broer ooit vind?
Deel twee van hierdie boeiende en treffende verhaal, is die verhaal van Henriëtte, die dogter van Rianne. Henriëtte wat van kleinsaf reeds 'n onverklaarbare maar onbedwingbare begeerte in haar aanvoel na die geheimsinnige Saudi-Arabië, hoewel sy op 'n plaas in Zimbabwe-Rhodesië opgegroei het.
Wanneer sy haar mediese graad behaal, besluit sy om eers te gaan reis alvorens sy met 'n praktyk begin. Dit is op hierdie reis dat Arabië haar soos 'n magneet trek, en Henriëtte besluit om sonder haar ouers se medewete 'n besoek aan hierdie land van deinende wit sandduine en duistere geheimenisse te bring.
Watter gevolge sou hierdie impulsiewe daad van Henriëtte nie nog vir haar inhou nie? Waarom het die ou Arabier met soveel onverbloemde vrees na die ring aan haar vinger gestaar? Die ring met die gekruisde sabels wat die letter M vorm. En wat het die ou Arabier bedoel toe hy gesê het dat dit die merk van Marko is?
Maar toe het Henriëtte nog nie geweet van Marko, die Rower-prins, heerser van die duine; wat op sy vurige hings die verskrikking van die woestyn geword het nie.