Die Grensoorlog In Ons Binnekant: Hanteer Verlies Gelowig - Ds Klasie Steenkamp
Secondhand
1 was available
R85.00
0% off
Shipping
R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 12 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
2011 sagteband met 168 bladsye in goeie toestand. R65 posgeld in SA.
Dit was soos n geweerskoot in die nag. Die teiken is getref op meer as een manier Die bloed het in my ore gesuis U seun, Wouter, is dood.
Een stukkende oomblik, n leeftyd van verlies; n emosionele kettingbotsing wat verhoudings verander en soms wrakke langs die pad laat. Deur fyn gefiltreerde terugflitse nooi dominee Klasie Steenkamp jou in die lewe van hom en sy gesin in. Hulle fokuspunt is die skielike dood van hulle seun Wouter in die Grensoorlog (4 Januarie 1984). Terwyl hulle nog daarvan herstel, volg die dood van sy blou-oog vrou, Issie.
Hierdie intense verlies het vir Klasie geword soos die potskerf waarmee Job hom op die ashoop sit en krap, iets om aan vas te hou, herinnerings wat hy eers nie wou laat gaan nie.Dit is nie n gewone lewensverhaal di nie. Jy as leser word geneem op n begeleide toer deur die diepste tonnels van dominee Klasie se binneste. Dr deel jy die gedagtestrome wat niemand tot dusver kon ken nie; dr bevind jy jou saam met oom Klasie in n nuwe oorlogsone: Dikwels is dit angs wat in ons lewe oorneem. Angs vir verlies Dan ontspring emosies wat vir ons laat voel dat God ver is, iewers daar bo en ons hieronder alleen en vergete
Klasie is tegelyk n geestelike leier, wat daagliks die saak onstuimig met God moet uitklaar, hy kan nie anders nie. Om verlies gelowig te hanteer, is nie gebruikersvriendelik nie. Jy moet jou siel skoonskraap, maar juis s kry God opnuut kans om jou innerlik te lei om grense oor te steek, verby die oorlogwrakke vorentoe.
Hierdie innerlike grensoorlog gee ons n kyk in die hart van die mense wat agterbly wat die verlies moet hanteer. Uiteindelik besef n mens: Klasie Steenkamp se storie is di van almal wat verlies ervaar het die dood, siekte of onmag weens skielike werkloosheid. Dit kan ook jou storie wees.