R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die Groot Afrikaanse Familienaamboek - C. Pama - Uitgegee deur Human & Rousseau vir Leserskring - 1983, eerste uitgawe - 380pp - Hardeband en stofomslag in goeie toestand - Intern skoon en stewig gebind.
Reeds vanaf die stigting van die nedersetting aan die Kaap in die middel van die sewentiende eeu was daar onder die bewoners 'n sterk gevoel vir familieverband. Met die groei van die Afrikanernasie het hierdie familiegevoel en 'n intense belangstelling in die voorgeslagte en hul herkoms steed sterker geword.
Die familiebewuste Afrikaner soek daarom noukeurige antwoorde op vrae soos: wat beteken my van? Het ons 'n familiewapen? Hoe lyk dit?
Die Groot Afrikaanse Familienaamboek is die eerste publikasie wat die Afrikaanse leser in een band op maklik verstaanbare wyse en sonder ingewikkelde genealogiese tabelle alle inligting gee oor die betekenis van sy van, die naam van stamvader en sy herkoms, wanneer hy in Suid-Afrika aangekom het, wat sy beroep was, met wie hy getroud was, en nog baie meer.
Sowat 3 000 Afrikaanse families word in hierdie omvattende en gesaghebbende werk bespreek. Daarbenewens word sowat 450 wapens in volle kleur afgebeeld met 'n volledige beskrywing van elke wapen, asook afdrukke van die handtekeninge van sowat 350 stamvaders soos dit op argivale dokumente verskyn.
Die boek word verhoog deur 'n uitgebreide inleiding oor die herkoms van vanne en familiewapens, oor die egtheid van wapens, en hoe om 'n wapen te laat registreer.
Die Groot Afrikaanse Familienaamboek is geskryf deur Suid-Afrika se voorste kenner op die gebied van die genealogie en heraldiek. Geen koste en moeite is ontsien met die kontrole van die tienduisende feite in hierdie monumentale werk nie. Dit sal ongetwyfeld tot in die verre toekoms bly staan as die standaardwek oor die Afrkaner en sy voorgeslagte en 'n gesogte stuk Aficana word wat van geslag tot geslag as 'n strotse besitting bewaar sal word.