R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Dr Philip du Toit, regspraktisyn, woon en werk in Pretoria. Hy het sy doktoraat gewy aan die Arbeidswet in Suid-Afrika, met spesiale verwysing na die Landboukundige Sektor te Pacific Western Universiteit in Kalifornië. Dr du Toit was `n dosent in Handels- en Kommersiële Reg aan die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria, en is die stigter van verskeie landboukundige organisasies wat hoofsaaklik betrokke is by werkgewers se regsbevoegdhede, asook mediese assuransie-dekking binne diê bedryfsraamwerk.
Die outeur is self `n landman en sy wortels lê diep in die boerdery. Sy regskundige praktyk spesialiseer onder andere in die breedvoerige en uiteenlopende fasette van grondeise, grondhervorming en arbeidsaangeleenthede. As gevolg van du Toit se jarelange verbintenis met, en sy persoonlike navorsing binne Suid-Afrika se landboukundige bestek, is hy erg bekommerd oor die nadelige uitwerking wat die Suid-Afrikaanse regering se grondhervormingsbeleid op voedsel verskaffing in ons land het - asook oor hoe die landboukundige sektor in die algemeen daardeur geraak word.