R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die hemel help ons - Koos Prinsloo - Taurus -1988 - Sagteband steeds mooi, skoon en stewig.
Die hemel help ons is ’n indrukwekkende opvolgbundel. In hierdie bundel val die gebrek aan kommunikasie en kontak tussen mense op, dikwels uitgebeeld in terme van gay verhoudings. Die verhale is tegelyk onbewoë en klinies asook oorgevoelig en vol emosie. Hierdie effek word verkry deur op vernuftige wyse met ’n onbewoë manier van skryf gevoelens te verswyg, te fokus op onbelangrike besonderhede en belangrike besonderhede te onderbeklemtoon, net om telkens in die slot alles wat voorafgaan te relativeer. Die titelverhaal Die hemel help ons behandel ’n skynbaar doodgewone man wat in die saai roetine van daaglikse sleur ’n storie begin skryf oor die liefdesgeskiedenis van twee mans, Gert en Vincent. Die oënskynlik nietige ervarings in die storie kry algaande meerduidige konnotasies. Wanneer die skrywer sy ou tikmasjien verkoop en ’n woordverwerker koop, begin vreemde tekste die storie binnedring (die program se kodewoord is “hemel”, so dit is die hemel wat hier help). Hierdie tekste verwys na gebeurtenisse tydens die noodtoestand. So word die aktualiteit (feite) so sterk in die storie dat dit die storie self verdring. Volgens die briefdokument aan die slot is die storie egter juis nie fiksie nie. So word daar geïmpliseer dat dit juis nie moontlik is om ’n storie te skryf wat nie verband hou met die omringende werklikheid nie. Werklikheid en fiksie kom dus hier in ’n feitlik ongeëwenaarde verhouding teen mekaar te staan.