| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Die Hendsoppers en Joiners - A M Grundlingh
"Verrader, monster, vloek der Aarde
Vernederde skepsel der natuur
Godswraak die u tot hede spaarde
verdelge u deur donder en helse vuur".
Hierdie verdoemende woorde, wat tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 - 1902) aan die adres van die sogenaamde "Joiners" gerig is, weerspieël slegs gedeeltelik die wrokgevoelens wat die Bittereinders teenoor diegene gekoester het wat die Republikeinse oorlogspoging sedert 1900 versaak het en later aan Britse kant geveg het.