Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
'n Masjiengeweersarsie ruk die nag aan flarde. En dan is dit weer doodstil. Soos voorheen is die nag 'n staalswart muur. Vier lyke word dekades daarna saam met 'n AK47 in 'n vlak graf in die Oos-Kaap gekry. Daar is geen aanduiding van wie hulle kon wees nie, en dit is beslis 'n saak vir kaptein De Villiers Pelser van die Nasionale Vervolgingsgesag. Div Pelser se speurtog na die Oos-Kaap moorde lei hom terug na die land se onstuimige politieke verlede op 'n wyse wat hy nie kon voorsien nie. Hy loop hom vas in verdere moorde, en in meer as een aanslag op sy eie lewe. Maar hy kom tog op die spoor van die Jakkals, en op 'n verlate plaas noord van Pretoria knoop al die leidrade, al die vermoedens en al die hoop saam tot 'n bloederige lus. Hier sak die son oor 'n godverlate landskap, en niemand kan sê of die bloedspoor dié van die speurder is, of dié van die Jakkals nie.