| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
View more books at: https://www.bobshop.co.za/seller/2248344/ElevenOclock
Hermann Giliomee
Published by Hollandsch Afrikaansche Uitgewers Maatschappij, Cape Town and Pretoria, 1975
ISBN 10: 0798601930 / ISBN 13: 9780798601931
In 1795 kom die Kaapkolonie vir die eerste keer onder Britse bewind - halfweg tussen die stigting van die volksplanting en die tot standkoming van die Republiek van Suid Afrika. As opvolger van die Kompanjie en grondlegger van die Britse koloniale bestuur staan die eerste Britse bewind op die breuk vlak van twee tydvakke: die erfgenaam van die oue en die wegbereider van die nuwe. Met Die Kaap tydens die Eerste Britse Bewind, 1795-1803 word vir die eerste keer 'n omvat tende geheelbeeld van hierdie bewoë tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis geskets. Die kultuurbotsing tussen die Hollands-Afrikaanse koloniste en die Britse veroweraars, die wissel werking tussen die bestaande bestel en nuwe benaderings, die konflikte op die grens waar verskillende partye met mekaar bondgenoot skappe gesluit of oorlog gemaak het om hul belange te bevorder, is maar net 'n paar van die talle fasette van hierdie kleurryke periode. Tussen die dag toe die Britse verowerings mag voor Simonsbaai verskyn het en die Bataafse bewindsoorname vind twee van die grootste opstande in die Suid-Afrikaanse geskiedenis plaas: dié van die grenskoloniste teen hul owerhede en dié van die Hottentot arbeiders teen hul oorheersers. Sendelinge begin vir die eerste keer die sosiale struktuur te bevraagteken. Figure soos lord Macartney en lady Anne Barnard, W. S. van Ryneveld en Tjaart van der Walt, Maynier en Van der Kemp, Ngqika en Klaas Stuurman tree na vore om hul stempel op die geskiedenis af te druk. In sy studie stel Hermann Giliomee hierdie periode opnuut aan die orde. Hy het daar voor navorsing in primêre bronne in Kaapstad, Londen, Den Haag en elders gedoen. Ver skillende bronnereekse wat nog nie vantevore deur historici benut is nie, soos die dokumente versameling in die Kimberley Openbare Biblio teek en die Oppenheimer Collection word hier vir die eerste keer ontsluit. Die Kaap tydens die Eerste Britse Bewind, 1795-1803 is 'n poging om die Kaapse same lewing in al sy besonderhede bloot te lê en 'n keerpunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis te ontleed. Die skrywer doen dit in 'n tyd wat nuwe vrae en nuwe eise aan die verlede stel.
Wear and tear. PLEASE CHECK IMAGES FOR CONDITION
Conditions
Please read the conditions before bidding.
REGRET NO OVERSEAS SHIPPING.
NON-PAYING WINNING BIDDERS - Please do not bid on an item unless you intend to complete the transaction. NEGATIVE feedback will be posted for non-paying winning bidders.
I do not close auctions earlier on request.





