Die Kaapse Rebel - Adriaan Roodt
Check my rate
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Die Kaapse Rebel - Adriaan Roodt
"Is jy, Conroy?" vra generaal French.
"Ja," antwoord Edwin. "Verbaas dit u?"
"Werklik, ja," antwoord French. "Jy is nog sommer 'n seun. Ek het verwag dat jy baie ouer moet wees."
Met uitgestrekte hand kom generaal Louis Botha na hulle aangestap. Hy groet die offisiere en hou Conroy se hand ietwat langer vas. "Ek het nooit die geleentheid gehad om jou geluk te wens met die veldslae wat jy gelewer het nie, Kommandant, " sĂȘ hy. En dan soos French: "Maar ek het nouliks verwag om so 'n jong snuiter te sien. Ek het verwag dat jy al darem middeljarig sou wees . . ."
Skaars een en twintig jaar oud, word kommandant Edwin Conroy en die vreeslose burgers onder sy bevel die verskrikking vir die Engelse magte in Noordwes-Kaapland. Sy onverskrokke optrede kring ver oor landsgrense heen.
Hy ontvang Iof en erkenning van manne soos: president M.T. Steyn, generaals C.R. de Wet, J.B.M. Hertzog, J.C. Smuts, Manie Maritz, P.J. (Ou Hartjie) de Villiers, H.W. Lategan, en nog vele ander. In DIE KAAPSE REBEL laat die gewilde skrywer van weleer Adriaan Roodt, die oorlogsavonture van Edwin Alfred Conroy soos 'n pakkende spanningsverhaal lees.
Toestand: Baie goed. Een naam, een boekwinkelplakker aan binnekant van omslag.
Formaat: Hardeband
Bladsye: 232
Uitgegee: 1999 (J.P. van der Walt)
ISBN: 9780799324945