R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 13 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die kamer langsaan is ᅯn besondere roman wat ligvoets tussen erns en luim, tussen die tragiese en die romantiese beweeg. Dit sorg vir afwisseling en balans in die leser se ervaring. In die hoofkarakter is dieselfde tweeledigheid te bespeur. Sy wissel tussen speelse sensualiteit en diep hartseer, met ᅯn gesonde skoot woede en opstand tussenin. Sy is ᅯn karakter waarmee ᅯn mens kan identifiseer, iemand wat jy graag sou wou ken.Die verhaal binne ᅯn verhaal herinner ᅯn mens aan Eleanor Baker se Verbeelde werklikheid, een van my groot gunstelinge. Die hoofkarakter beleef haar eie verhaal terwyl sy diホ van ᅯn ander karakter opteken. En uiteindelik word verbeelding en werklikheid so inmekaar gevleg dat die leser nie meer heeltemal seker is waar die een ophou of die ander begin nie.Die indeling van die hoofstukke toon duidelik wanneer ᅯn mens met watter verhaal te doen het. (Dit maak dit ook vir aweregse lesers soos ekself moontlik om vroeg-vroeg te besluit van watter storie hulle die meeste hou en dan daardie een eerste te lees. Dis ᅯn teken van die krag van die roman dat ek wel teruggegaan en die ander verhaal ook geniet het.)Vir my was die verhaal binne die verhaal die aangrypendste, waarskynlik omdat ek self die vernietigende krag van depressie ken en weet watter verwoesting dit kan aanrig. Theresa se stryd is myns insiens realisties en geloofwaardig uitgebeeld. Natuurlik sou ek liewer wou hミ sy moet hulp aanvaar en weer die lewe leer geniet, maar ongelukkig is dit in die harde werklikheid alte dikwels nie die geval nie. Die onmag en onkunde van die mense rondom Theresa word ook treffend uitgebeeld. Sommiges verstaan eenvoudig nie, ander wil graag help, maar weet nie regtig hoe nie.Die gelukkige einde van Chris en Donnホ se verhaal vorm ᅯn welkome teenpool vir die tragiese afloop van diホ van Theresa. Donnie se humor en inherente lewenslus sorg ook dat die verhaal nie neerdrukkend word nie.Die kamer langsaan is ᅯn heerlike boek wat ᅯn mens lank bybly. Die kamer langsaan - Annemari Coetser. LAPA Uitgewers 2012. ISBN 9780799355147