Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Die Kappie Kommando of Boerevrouwen in Geheime Dienst
Johanna van Warmelo (nooiensvan), ook bekend as Hansie, se oorlogsdagboek tydens die Anglo-Boereoorlog is 'n kosbare kleinood. Sy was 'n hoogs intelligente vrou in haar vroeë twintigerjare wat amper twee jaar lank in die oorloggeteisterde Pretoria vasgekeer was, omring deur Britse soldate, met net haar ma as geselskap in die huis. Hul woning, Harmony, was in Sunnyside, net 400 m van die amptelike woning van die Britse verteenwoordiger in die ZAR. Sy en haar ma het besluit dat dit hul plig was om die jong burgers van die stad te help om hulle by die Boerekommando's in die veld aan te sluit. Hulle het deur allerhande slim planne die Britse sensors gefnuik en het later ook gehelp met die stuur van geheime inligting aan pres. Paul Kruger in Europa.
Tweede druk van 1915, uitgegee deur die Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers-Maatschappij, Kaapstad. Die eerste uitgawe het in 1913 in Engels sowel as Nederlands verskyn. Johanna het later haar dagboek in Afrikaans vertaal.
Toestand: Goed vir ouderdom. Blaaie effens vergeel met ouderdomsvlekkis hier en daar.