Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Hierdie roman is geskoei op twee ware verhale. In die een verhaal kom n jong seun, Ernst Luchtenstein, as immigrant in die destydse Duits-Suidwes-Afrika aan. Hy en sy ouers reis per ossewa vanaf Lüderitz na Keetmanshoop. Onderweg beland hulle binne in die tweede verhaal, dié van die Nama-oorlog wat so min of meer vanaf 1904-1908 plaasvind.
Ernst beleef baie avonture in sy nuwe vaderland terwyl die Namas alles verloor. Ernst werk hard en word later skatryk, maar die grootste skat van Namaland versteek hy waar niemand dit ooit weer sal kry nie.