R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die kleur van verlange is die laaste aflewering in Helena Hugo se gewilde drieluik oor die lewens van karakters soos Nadia, Grant, Patsy en Dirk. Hierdie verhaal begin waar Grant vir die eerste keer op sy pa se plaas Weerbegin aankom. Hy het nie te lank terug nie eers uitgevind van sy pa se bestaan en aanvanklik gaan dit goed – hy is opgewonde oor die plaaslewe en die mense op die plaas is baie in hul skik met hom. Dit duur egter nie lank nie. Grant en sy pa se verhouding wil nie vlot nie en boonop sukkel hy om in kontak te bly met Nadia. Wanneer hy 'n spesiale vriendskap ontwikkel met Stefanie, begin hy weer nadink oor sy toekomsplanne. Op haar beurt is Patsy, Grant se ma, steeds bekommerd oor haar toekoms. Haar verhouding met haar seun is nie wat dit vantevore was nie en sy weet nie vir hoe lank sy nog 'n werk gaan he nie. Sy weet ook nie hoe sy die situasie met Dirk moet hanteer nie – sy vrou is oorlede, maar staan Patsy en hy nog 'n kans? Is daar 'n moontlikheid dat Dirk, Patsy en Grant dalk 'n gesin kan word? Patsy en Grant is nie die enigstes wat met verlange in hul harte rondloop nie – daar is ook Oudokter, die man wat die geneesheer van die dorp is, maar self 'n gebroke hart het. Sy eie dogter weet nie dat hy haar pa is nie. Soos Helena Hugo se vorige twee boeke, Dit gebeur met ander en Die pad na Weerbegin, is Die kleur van verlange 'n meesleurende verhaal wat lesers nie sal kan neersit as hulle dit eers begin lees nie.