Die Krugermiljoene – D.W. Kruger
Check my rate
View locations
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
| Main centres: | 1-3 business days |
| Regional areas: | 3-4 business days |
| Remote areas: | 3-5 business days |
Hardeband boek, met n stofomslag.
Die stofomslag wys redelike verweer.
Die boek self is nog in n baie goeie kondisie.
Notas in pen en potlood op bladsy een.
Sedert die Tweede Vryheidsoorlog het Suid-Afrika sy verhale oor die Krugermiljoene. Daar is al gegraaf, omgedolwe en gesoek in al vier die windstreke van Transvaal. Tot so onlangs as 1978 is n nasionale pad byna ondergraaf omdat die spesifieke plek aangewys is as diê plek waar die geheimsinnig bekoorlike skat dan al die jare bewaar sou gewees het! Maar . . . niks.
Steeds bly hierdie misterieuse miljoene die mens ontwyk. Waar en hoe het die verhaal van die Krugermiljoene ontstaan? Was daar werklik miljoene? Prof. D. W. Krger vertel in hierdie boek die ware verhaal oor die Krugermiljoene. Hierdie onderwerp geniet reeds sy toegewyde aandag en studie sedert 1935, en nadat hy die hele storie ontrafel en weer logies aanmekaar gelas het, kan hy nou in hierdie boek die feite blootlê.
Maar daar lewe vandag nog mense wat al tot by die kiste met die miljoene in, gevorder het, en toe val die gate weer toe . . . of sou dit nou n ander skat gewees het?
Hierdie boek gee al die feite en behoort n einde te maak aan verdere bespiegelinge oor die sg. Krugermiljoene, maar folklore sterf gewoonlik swaar!