Die Laaste Afrikanerleiers 'n Opperste toets van Mag - Herman Giliomee
New
1 was available
Indicative market price:
R350.00
R250.00
29% off
Shipping
R35.00 Standard shipping using one of our trusted couriers applies to most areas in South Africa. Some areas may attract a R30.00 surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die Laaste Afrikanerleiers - Herman Giliomee - Tafelberg - 2012 - 460pp, indeks, swart en wit foto's - Sagteband.
Posgeld en verpakking R25.00
Gerespekteerde historikus Hermann Giliomee volg die weë van vyf van die mees invloedryke Afrikanerleiers. Vir hierdie boek het hy met talle rolspelers onderhoude gevoer. Baie van hulle is nou bejaard, en wil graag hul ervarings deel, soms vir die eerste keer. Die boek gee dus ’n totaal nuwe blik op die binnewerkinge en denke van die regering tydens apartheid.
Giliomee probeer om nie te verdoem nie (want verdoem is maklik, sê hy) maar om te verklaar. Hoe het dit gebeur dat gerespekteerde leiers vir soveel jaar so ’n onderdrukkende stelsel kon handhaaf? Die lewens, voorstelle en keuses van Hendrik Verwoerd, John Vorster, PW Botha, Frederik van Zyl Slabbert en FW de Klerk word in diepte bespreek – met soms verrassende en onvoorspelbare nuwe insigte. So bespreek Giliomee die moontlikheid dat Verwoerd self ironies genoeg deur sy onderwyswette die doodskoot aan apartheid toegedien het.
Hy vertel hoe Vorster homself as keiser van sy eie ryk beskou het, hoe Botha weens ’n verswygde eerste beroerte aan oordeelsvermoë ingeboet het en hoe die Rubicon-gebeure eintlik op ’n misverstand berus het. In die laaste hoofstukke bekyk hy FW de Klerk wat as Dopper ’n morele raamwerk probeer volg het, maar tog ook sy eie blindhede gehad het. Stimulerende eietydse geskiedenis uit die hoogste rakke.