This item has closed 1 buyer bought 1 item
View other items offered by Heritage Trades1435

Similar products

Die Laaste Trek  F.W. de Klerk - SIGNED
Sold

Die Laaste Trek F.W. de Klerk - SIGNED

Secondhand 1 was available
R1,250.00
Shipping
This product qualifies for free shipping in South Africa, using one of our trusted couriers. Offers below R350.00 do not qualify for free shipping.
Check my rate
Free collection is available from various lockers and counter collection points across South Africa. Offers below R350.00 do not qualify for free shipping.
View locations
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 2 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Buyer protection
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Product code
BHB31
Bob Shop ID
665769719

F W De Klerk, Die Autobiografie, Die Laaste Trek - 'N Nuwe Begin  

SIGNED & INSCRIBED BY F.W DE KLERK, published by Human & Rousseau, 1998, hardcover, Afrikaans text, illustrated, 416 pages, condition: basically as new.

Van die begin af was die boek omstrede veral toe dit op die lappe gekom het dat F.W. de Klerk in die boek onthul dat die verhouding tussen hom en Nelson Mandela nie altyd so hartlik was soos wat dit op die oog af gelyk het nie. Die uitgewer,Human & Rousseau noem Die laaste trek ´n nuwe begin ´n reguit en onthullende outobiografie waarin die skrywer en sy rol gedurende ´n merkwaardige tydperk in die geskiedenis van Suid-Afrika belig word. In die publisiteitsmateriaal word gesê dat toe hy in 1989 Staatspresident geword het, F.W. de Klerk die wiele aan die rol gesit het vir die aftakeling van apartheid die stelsel wat wit Suid-Afrikaners gebruik het om hul reg tot etniese selfbeskikking op ´n oorweldigend swart vasteland te verskans. De Klerk se vrylating van Nelson Mandela in Februarie 1990 was, volgens die uitgewer, die begin van die proses wat uitgeloop het op die eerste ten volle demokratiese verkiesing in die land se geskiedenis op 27 April 1994. Hierdie boek is die verhaal van die Suid-Afrikaanse wonderwerk deur die man wat sy eie mag opgeoffer het om dit te laat gebeur. De Klerk beskryf sy groeiende besef dat ´n veelrassige demokrasie in die plek moes kom van die ideaal van eksklusiewe selfbeskikking waarvoor sy Afrikaanse voorvaders geveg het. De Klerk vertel talle anekdotes, persoonlike waarnemings agter die skerms en sy indrukke van sommige van die persone soos Hendrik Verwoerd, John Vorster, P.W. Botha en Nelson Mandela wat die geskiedenis van Suid-Afrika oor die laaste halfeeu oorheers het. Al sy voorgangers word ook nie noodwendig in ´n positiewe lig weerspieël nie. Die uitgewer sê De Klerk bied ´n fassinerende insig in die werkinge van mag en die meganismes van historiese verandering. Sy persoonlike lewe, die veelbesproke egskeiding tussen hom en Marike de Klerk en sy huwelik met Elita Giorgiades kry ook aandag op ´n gevoelvolle en beskaafde manier.