Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Skrywer: Frank Peretti
Formaat: Medium Sagteband
Toestand: Baie Goed
Dis nie moeilik om hulle raak te sien nie dis onmoontlik. Dit kan enigeen wees op enige plek. Dis dalk die persoon langs jou op die bus. Of voor jou in die ry.. Die Veritas-span - net 'n handjievol mense weet wie hulle regtig is.
Nate en Sarah Springfield en hulle kinders, Elijah en Elisha, vorm 'n spesiale ondersoekspan wat deur die president aangestel is om raaiselagtige gebeure, misdade en buitengewone voorvalle op te los. Hulle taak is nie net om vas te stel wat gebeur het nie, maar ook waarom - die veritas (die Latynse woord vir waarheid) daaragter.
Hul jongste opdrag: Die laksman se geheim. In Baker, Washington, is reeds drie van die hoërskool se beste voetbalspelers gehospitaliseer met hallusinasies. Al drie is in 'n koma. Die leerlinge glo dat hulle die slagoffers is van Abel Frye - die gees van 'n leerling wat homself jare gelede in die skool opgehang het.
Wat is die waarheid agter die onlangse verskyning van die spookfiguur met die valk op sy skouer? Is dit die gees van Abel Frye, 'n bose engel... of dalk iets heeltemal anders? En wie is verantwoordelik vir die laksmanfiguurtjie wat op elkeen van die slagoffers se sluitkaste uitgekrap is? Nog leerlinge word deur dié geheimsinnige vloek getref en almal is paniekbevange.
Elijah en Elisha doen hulle voor as nuwe leerlinge terwyl hulle ouers agter die skerms besig is om die raaisel te ontrafel. Soos wat die ondersoek vorder, verdiep die geheimsinnigheid en vind die span meer vrae as antwoorde. Een ding is egter seker: die Veritas-span sal moet gou speel om die oplossing te vind voordat Abel Frye nog slagoffers eis.
New Brand new and unread book.
As New A secondhand book that can easily pass for a new one.
Very Good Book is in great condition with only a minor blemish here and there.
Good Book shows visible reading wear but nothing serious.
Fair Book shows clear and more significant wear, especially on the cover, but is still solid and intact.
Worn Book shows severe wear and tear while still being intact (commonly known as a "reading copy"). Worn books are still good perfect for a good read, all pages will be intact with none threatening to fall out.