R65.00 Standard shipping applies to orders under R100.00, in most areas in South Africa. R35.00 Standard shipping applies to orders over R100.00. Some areas may attract a surcharge surcharge. This will be calculated at checkout if applicable. Check my rate
The seller has indicated that they will usually have this item
ready to ship within 3 business days.
Shipping time depends on your delivery address.
The most accurate delivery time will be calculated at checkout,
but in general, the following shipping times apply:
Die Messias-kode 'n Verborge boodskap oor die eindtye - Adriaan Snyman - Vaandel-UItgewers - 152pp - Sagteband in goeie toestand - Intern skoon en stewig gebind.
"Die publikasie van Die Messias-kode is ´n besondere gebeurtenis wat die Afrikaanse boekwêreld te beurt val, want van die inligting wat hierin opgeneem is, verskyn nou vir die eerste keer wêreldwyd in boekvorm. In die Messias-kode sal u die geheime ontdek waarvan selfs Isaac Newton bewus was, maar nie kon vind nie.
Het u byvoorbeeld geweet dat die ganse verloop van die mens se geskiedenis (van Adam af tot en met die Wederkoms) perfek in die eerste sewe woorde van Genesis 1:1 gekodeer is? Of dat die sondeval en Eerste Koms van die Messias opgesluit is in die name van Adam se geslagsregister?
Maar dis nie al nie: Ook sy Tweede Koms is in Daniël hoofstuk nege gekodeer - beide die maand en jaar word vermeld; en daarmee saam ook die laaste ‘sewe jaar van die Antichris-regering‘ wat aanstons ´n aanvang gaan neem!
Geen persoon wat die Messias-kode gelees het, sal ooit weer met dieselfde oë na die Bybel kyk nie, want:
Die kontemporêre wetenskaplike kennis wat in die kodes openbaar word, lewer onomstootlike bewys van sy bonatuurlike oorsprong. Dit is die enigste ‘heilige boek‘ wat deur ´n omvangryke kodestelsel bevestig dat sy samestelling en inhoud van ´n buiteaardse ‘Bron‘ afkomstig moet wees. "