Sewe jaar moes sy wag, het suster Deyssel gese. Na sewe jaar sal sy haar se wie haar buite-egtelike kindjie aangeneem het. En sewe jaar lank het die teenwoordige nie saak gemaak nie - nie die kaal woonstelletjie in die swak buurt nie, nie die vervreemding van haar familie nie, selfs nie Stefan se liefde nie. Want na sewe jaar sal sy hom sien, sal sy hom ken - haar seuntjie en Theuns s'n. Gebore uit hul eensaamheid, hul opstand, hul wanhoop.Maar op sy sewende verjaarsdag het haar kind vroeg in die more gaan melk haal, het hy vry en onbevange gelag, het hy digby haar agter 'n gordyn beweeg en het sy begin twyfel of sy die reg het om in sy lewe in te dring.Delikaat soos haar tema is Elsabe Steenberg se hantering van hierdie verhaal van 'n jong vrou se hunkering na haar kind. 'n Hunkering wat maak dat die hede alleen draaglik is vanwee die herinneringe van die verlede en die gloeiende, verterende uitreik na die toekoms - die dag wanneer sy haar kind weer sal vind
Title: Die Moerasloper
Author: Elsabe Steenberg
Books are all in a used condition unless otherwise stated and may contain signs of wear and handling. Items are inspected before listing to ensure they are in an acceptable condition. Please ask questions if you need more details on an item's condition.
Books are shipped within one business day of checkout. If you select EFT as payment method, it may take somewhat longer for payment to reflect on our side before we are able to dispatch.
We offer Pargo Pickup (3-5 business days), local collection in Somerset West or Aramex door-to-door courier (1-2 business days). Shipping options can be selected at checkout.
We recommend Aramex courier as a fast no-contact delivery method available to all destinations within South Africa. Tracking number will be supplied once your shipment has been been processed.
See more of our books at
https://www.bidorbuy.co.za/seller/1245451/T_Wever