Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Dis selde dat mens 'n boek in die hand neem wat jou van die eerste bladsy af lok met 'n tintelende belofte van nog véél meer. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom is so 'n boek.
Heel gou word die leser meegevoer in die dolle bestaan van Hanna saam met haar kunstenaar-ma Mana, haar halfboetie, haar twee stiefbroers en Beyers, hul akteurpa - 'n redelik ekstreme voorbeeld van die Nuwe Gesin, of liewer, die Nuwe Uitgebreide Familie van ons tyd. Hanna se biologiese pa is 'n gay modeontwerper in Johannesburg, haar halfboetie se pa is 'n skitterblink proefbuis - Mana se kreatiewe oplossing vir 'n tweede kind, sonder die aanwesigheid van 'n man. En toe trou Mana tog weer, met Beyers ... wat by gebrek aan juwele vir haar 'n knewel van 'n aartappel en 'n bossie pietersielie met 'n rooi strik aandra as verlowingsgeskenk.