Main centres: | 1-3 business days |
Regional areas: | 3-4 business days |
Remote areas: | 3-5 business days |
Large hard cover as new. Die Oorlog Kom Huis Toe - Vroue en families in die Anglo-Boereoorlog ~ Albert Grundlingh en Bill Nasson.
Tafelberg, 2013. Eerste Uitgawe. In die Anglo-Boereoorlog is die stryd nie net op die slagveld nie, maar tot op plaashuise se stoepe gevoer. Die lyding en sterftes in die konsentrasiekampe spook vandag steeds by Afrikaners. Die vroue en die kinders was egter nie net slagoffers nie. Die Oorlog Kom Huis Toe ondersoek ook die sonderlinge krag van die Boerevroue en hul bydrae om die Boerekrygers te ondersteun. Daar is ’n hoofstuk oor Nonnie de la Rey (vrou van generaal Koos de la Rey) wat vir langer as twee jaar saam met haar ses kinders in die veld rondgeswerf het.
Gerekende geskiedkundiges ondersoek aspekte van vroue en kinders se ervarings in die oorlog: die alledaagse lewe in die konsentrasiekampe (byvoorbeeld hoe sommige Boeremeisies waardevolle opleiding as verpleegassistente gekry het), lyding in die swart kampe (met die fokus op swart kinders se ervarings) en die botsende kulturele beskouings van Britse dokters en Boerevroue..
Bladsye: 272. Meer as 300 foto’s.