Die Pomporrel-Konsert en ander Sandveldstories - Ferdinand Deist Die Pomporrel-Konsert en ander Sandveldstories - Ferdinand Deist
Die Pomporrel-Konsert en ander Sandveldstories - Ferdinand Deist Die Pomporrel-Konsert en ander Sandveldstories - Ferdinand Deist

Die Pomporrel-Konsert en ander Sandveldstories - Ferdinand Deist

Secondhand 1 available
R25.00
Want to pay less?
Shipping
Free shipping is available from BeesBobBooks for all orders above R500.00, using one of our trusted couriers.
Check my rate
Free collection is available from various lockers and counter collection points across South Africa, for all orders above R500.00 from BeesBobBooks
View locations
The seller allows collection for this item. Buyers will receive the collection address and time once the order is ready.
The seller has indicated that they will usually have this item ready to ship within 4 business days. Shipping time depends on your delivery address. The most accurate delivery time will be calculated at checkout, but in general, the following shipping times apply:
 
Standard Delivery
Main centres:  1-3 business days
Regional areas: 3-4 business days
Remote areas: 3-5 business days
Seller
Buyer protection
Get it now, pay later

Product details

Condition
Secondhand
Location
South Africa
Bob Shop ID
688355353

As Ferdinand Deist in Pofadder en Peddelford, sy eerste bundel Sand-veldstories, vir ons 'n besondere kyk op 'n unieke wêreld en sy mense gegee het, trek hy nou in Die pomporrel-konsert die stops oop. Hy hou konsert en fees met 'n rits karakters wat seker nie simpeler as ons almal is nie, maar wat deur sy kraakdroë vertelwyse soos 'n bontspul vygies uitbars. Kyk, hulle dans behoorlik deur dié boek. Soos Petrus. Hy kon nou ten ene male nie sy soene sekuur ingestel kry nie, nog op Anna Bovlei se monnigwordingsdans, nog uiteindelik voor die kansel. Of soos oom Wil-lem Booise. Dié sou enige kompetisie vir die vroomste mens loshande kon wen, maar toe hy die nag in 'n ander vrou se bed wakkerskrik, móés hy net uitvind of die ergste nie dalk gebeur het nie. Jy kan ook lees van Anneries Skewekoppie: "... hy't alewig m't so 'n skewe koppie rondgeloop ennie handjies bymekaar soos 'n hotnosgot". En van Koos Môre-Trug: wat-ewwer hy by jou geleen 't, sil hy sieto-sieto die volgenne môre t'ruggebring 't". Of van Joos wat "seker mar êrens 'n los senewee in sy kop" gehad het, en toe sy pa hom voor die keuse stel om te leer of te hang, sê: "Hang, Va'er". Of suster Anna wat só min nonsens van nurste of siek mense gevat het, dat Mister Miknemára uit sy bed moes uitroep: "... fôrr Göds syk... Aaim on jórr saaid". Met kenmerkende deernis spot Deist weer hier, trek hy sy karakters se siele uit, stroop hy hulle kaal tot op hul kwesbaarste - letterlik, soos vir Hermaans Askies. Toe die blonnekop vrouedoktertjie vir hom sê hy moet hom tot op sy "menslikheid" uittrek, "was sy tale al skoon op gewees. Hy't net kan gesê 't: 'Askies tog, ja, askies Die pomporrel-konsert is 'n uitbundige apologie vir die onhebbelike menslike natuur wat, indien nie vlekkeloos nie, darem altyd kleurryk is. In die woorde van Meester Waalman in die titelverhaal: "Wy geven hullie vanavond darem wat voor een könsert, hè..." Hardeband Algehele goeie kondisie


Kondisie: 4

Add to cart

Similar products

Don't miss out on the latest deals!